Editor's choiceNewsSchools

Gaste smul by Hoërskool Bastion se jaarlikse kookeksamen

Verskeie hooggeplaastes en hoofde van naburige skole het die dag saam geniet terwyl die leerlinge net die beste geregte voorberei het.

Hoërskool Bastion het soos die vorige jare, net die beste voorberei tydens die matrieks se kookeksamen verlede week.

Elke gas is met ‘n San Francisco drankie en advokadopeer kanapee gegroet. Die voorgereg het uit ‘n trio Salmgereg met Hollandaise sous bestaan en die hoofgereg was Boerhondiese bredie, Duchés aartappel in tamatie, grysneur rotolo en ‘n spinasievorm.

Daarna kon die gaste hul eie nagereg van sjokolade mousse, creme brulee of ‘n pavlova geniet voordat hulle rustig verder gekuier het om ‘n koppie boeretroos.

Die vakfasiliteerder vir Gasvryheidstudies van die D2-distrik, Lynette Botha het die leerlinge beoordeel en die hoofuitvoerende beampte: Steunstelsels en hoof van opvoedkundige instelling, Thea Coetzer het ook haar ondersteuning gewys.

Related Articles

Back to top button