Editor's choiceNewsSchools

Oumas en oupas kuier by Kruiners

Die grootouers is bederf met CDs, eetgoedjies en 'n vermaaklike program.

Die Graad R-klasse van Laerskool Helderkruin het ‘n spesiale dag vir leerlinge se oumas en oupas gehou.

Op Vrydag 31 Julie het die saal omtrenet gewemel met al die grootouers en die Graad R-leerlinge was uit hul nate van opgewondenheid, het skoolwoordvoerder Isobel Mitchley gesê.

Die gasspreker vir die oggend was Ann Botha, is ‘n gesoute ouma van twee leerlinge by die skool.

Leerlinge Willie en Carina Naudé het die gehoor ook betower met hul musiekitems.

Laastens het die Graat R’e hul grootouers vermaak deur verskeie gediggies op te sê.

“Dit was beslis die hoogtepunt van die program,” het Mithcley gesê.

Na afloop van die funksie is oumas en oupas bederf met heerlike verversings en CDs met oorspronklike treffers uit die 70s.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button