NewsSchools

Een hand was die ander by Burger

'n Nuwe skoolbus in ruil vir die gebruik van 'n wit olifant klink na 'n goeie ooreenkoms.

In ‘n interessante interpretasie van hande met die gemeenskap vat het Hoërskool Die Burger gistermiddag (Woensdag 12 Augustus) ‘n glasie geklink op ‘n unieke ooreenkoms met Car King in Newlands.

Die skool het die gebruik van hul ‘wit olifant’-tegniese sentrum vir ‘n splinternuwe Quantum-skoolbussie en bakkie met volle versekering, ‘n diensplan en ondersteuning vir die meganika van die voertuie verruil. Die sentrum is destyds vir pas-en-draaiklasse gebruik. Car King eienaar Renier Britz het by die skoolfunksie gesê die sentrum is alreeds as ‘n werkswinkel vir die gebruik van die tweedehandse voertuigmaatskappy ingerig.

Die funksie is in die werkswinkel wat reeds skoongemaak, oorgeverf en waar van die mure met ou nommerplate en ander parafernalia versier is, gehou. Voertuie waaraan gewerk moet word is netjies binne parkeer. Die bussie en bakkie, wat nou die skoolnaam dra, het buitekant geparkeer gestaan met groot goue strikke op. Die voertuie se sleutels is amptelik aan waarnemende skoolhoof Barney Lötter deur Britz oorhandig.

“Dit gaan ‘n daadwerklike verskil in ons vervoeruitgawes beteken en sal ons ook bllotstel om aan meer buitemuurse aktiwiteite as ‘n skool deel te neem,” het Lötter aan die Record gesê.

“Ons sou vanmiddag R1 300 spandeer om ons rugbyspan by ‘n spel uit te kry, waar dit ons nou slegs R200 aan brandstof sal kos.”

“Ons het ‘n groot waardering vir die ekstra myl wat Car King gestap het om ons tegemoet te kom.”

Britz, wat self ‘n oud-Burgerliet is, het gesê die ekonomie veroorsaak dat skole onder druk is. Skole en privaatmaatskappy is genoodsaak om mekaar by te staan.

“Hierdie is ‘n heerlike afskop vir ‘n wonderlike vennootskap vorentoe.”

 

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button