EntertainmentLifestyle

Om God se wonderlike wêreld te ontdek

Die perfekte oplossing vir daardie tye wanneer jy jou kinders wil leer om stil te word by God.

Skryer: Wendy Maartens

Kinderboekskrywer, joernalis, vertaler en dromer vandat ek kan onthou. Op ‘n sekere manier sal ek seker ook nooit juffrou-wees afleer nie. Twee en twinting jaar se Gr. 3’s uit onder andere Cloetesville, La Colline en Kayamandi op Stellenbosch het my voorberei om te doen wat ek nog altyd graag wou – my brood met woorde verdien.

Elke kinderboek en artikel wat ek skryf, gebeur op ‘n sekere tyd en plek in my lewe. Vir my is dit ‘n bevestiging dat ek deel van ‘n Groter Verhaal is. Die wete dat my woorde soms wit klippies is, wat ander help om ‘n pad in hulle eie verhaal te vind, is ‘n dubbele vreugde. So ook die geskenk om elke oggend na die nag se omswerwinge na myself terug te keer… met nuwe woorde.

Meer oor die boek:

Die 50 stukkies in Dagstukkies vir klein hartjies be­gin elk met ’n kort oordenking en ’n Bybelvers om te onthou. Daarna word die kind se geloofsgroei ver­der gestimuleer deur iets om oor te dink, ’n ge­bedjie en iets om te gaan doen. So leer hulle sommer vroeg dat jy dit wat jy in die Bybel leer elke dag deel van jou le­we moet maak. Kleingoed sal ook versot wees op die allermooiste illlustrasies by elke stukkie. Die muis wat in elke storie wegkruip, maak die boek op ’n pret­tige manier interaktief en leer kinders om op detail te konsentreer.

Dagstukkies vir klein hartjies sal kleintjies wys dat God om hulle is in die natuur. So sal hulle sy wonder­like wêreld elke dag ontdek.

Die kleurvolle boek sal kinders leer om elke dag stil te word by God en nader aan hul Skepper te groei.

Beskikbaar by CUM Boeke

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button