NewsSchools

Impak-leerlinge witwarm in die kombuis

“Die vak groei jaarliks en die leerlinge geniet hierdie geleentheid terdeë.

Met die onlangse finale praktiese eindeksamens het Graad 12 Gasvryheidstudies leerlinge by Impak Baanbrekeronderwys hul staal in die kombuis gewys.

Die leerlinge is gevra om twee geregte, ontbeende hoenderboudjie en aartappel rosti, voor te berei sowel as ‘n formele tafel vir vier gaste te dek. Die eksamens is suksesvol afgelê by Hoërskool Bastion se restaurantfasiliteite, het skoolwoordvoerder en vakhoof Marietjie Smit gesê.

“Hul kombuis- en bedieningsvaardighede is deur gekwalifiseerde assessors geassesseer en volgens hulle verbeter die leerlinge se standaard elke jaar,” het Smit gesê.

“Verskeie opleidingsgeleenthede word vir die leerlinge gereël om hul goed vir die eksamens en hul toekoms toe te rus.”Die praktiese vakke word juis as ‘n opwindende uitdaging vir die leerlinge beskryf omdat hulle hul kreatiwiteit en tegnieke ten toon kan stel by Impak, wat fokus op afstandonderrig en leerlinge se individuele leerstyle en –behoeftes.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button