School sportSport

Bastion hokkiespan speel goue medalje los

Hoërskool Bastion se seunshokkie eerstespan het in die Aitken-Toernooi onlangs koning gekraai.

Die seuns het in die C-afdeling teen skole soos Hoërskool Kempton, St Martin’s School, Hoërskool Linden, Heron Bridge College en St David’s Marist te staan gekom, het skoolwoordvoerder Melitta Geyser gesê.

“Hulle het St Davids in die eindstryd met ‘n telling van 2-1 verslaan om die eerste plek in te palm,” het Geyser gesê.

Hul afrigter Divan Geyser, wat self destyds vir Bastion hokkie gespeel het en hoofseun was, het gesê hy is verheug met die resultate sienende dat hy reeds in sy skooljare na die titel gesmag het.

DSC_0798
Die span onvang hul medaljes van die Suid-Afrikaanse doelwagter, Rassie Pieterse. By Rassie is Jaco Erasmus, Thomas van Rooyen en Henrico van Zyl. Foto verskaf.

Related Articles

Back to top button