LettersOpinion

Waar is die sorgvrye dae?

Ek volg nou reeds vir ‘n geruime tyd die artikels oor die sogenaamde ‘bende’ wat in die Roodepoort en veral in die Witpoortjie area hul rondtes doen. As ‘n jarelange Witpoortjie-inwoner wonder ek of ons net gaan terugstaan en toelaat dat kriminele ons lewe vir ons gaan versuur of gaan ons begin terug baklei en …

Ek volg nou reeds vir ‘n geruime tyd die artikels oor die sogenaamde ‘bende’ wat in die Roodepoort en veral in die Witpoortjie area hul rondtes doen.

As ‘n jarelange Witpoortjie-inwoner wonder ek of ons net gaan terugstaan en toelaat dat kriminele ons lewe vir ons gaan versuur of gaan ons begin terug baklei en ons woonbuurt weer veilig maak?

Ek onthou die dae toe mens nog sorgvry snags kan slaap, maar na verskeie inbrake oor die afgelope jare by my huis met ‘n onlangse een verlede jaar is dit nou ‘n vereiste om met die een oog oop te slaap.

Wat ek nie kan verstaan nie is die feit dat die polisie ons nie in jou nood help nie. Daarom sal ek graag van die kundiges wil weet wat ‘n mens mag en nie mag doen wanneer jy ‘n verdagte in jou huis of op jou eiendom betrap, want skiet is mos nie ‘n opsie nie – of hoe?

Ek weet die Buurtwag doen ook al swat hulle kan, maar ons as inwoners moet as een begin saamwerk en die kriminele op hulle plek sit.

Related Articles

Back to top button