NewsSchool sportSchoolsSport

Roodies skop wintersport suksesvol af

Goeie begin vir wintersport by Hoërskool Roodepoort.

Hoërskool Roodpoort sien uit na ‘n suksesvolle wintersportseisoen.

Roodies het onlangs vriendskaplikke wedstryde teen Edenvale High en Hoërskool Rooseveldt gespeel en die pap lekker dik aangemaak. By beide byeenkomste het hulle ‘n rits oorwinnings gehad.

By die laaste wintersport byeenkoms teen Hoërskool Rooseveldt het veral die eerste spanne

uitgeblink. Die hokkie meisies het met 2-0 gewen, die netbal eerste span met 16-6 en die

eerste rugby span klop Hoërskool Rooseveldt met 51-3.

“Ons as skool sien uit na die liga wedstryde wat volgende kwartaal begin en

glo ons sal op die goeie uitslae voortbou,” het die skool se woordvoerder Marli du Randt gesê.

 

Related Articles

Back to top button