Local newsNews

FPK bier: Antibiotika vir die siel

Antibiotieka vir die siel.

Roodepoorters kon ook ‘n smakie van bekendstellingspartytjies kry toe die Belville-musiekgroep Fokofpolisiekar hul tweede boetiekbier by Rumours Lounge bekendstel.

Dit was ‘n reuse joligheid Vrydagaand 20 Maart toe jong mense omtrent toustaan voor die kuierplek om toegangskaartjies te koop. Die spesiale geleentheid was die bekendstelling van die groep se tweede eiesoortige boetiekbier, Antibiotika. Die eerste bier van die reeks, Dagdronk, is reeds verlede jaar bekendgestel.

Dit is alles ‘n manier vir die band om vir hul ondersteuners te bedank en die belangstelling in eg-Suid-Afrikaanse musiek, die bedryf en die leefstyl te bevorder. Volgens basspeler Wynand Myburgh het Francois van Coke lank reeds by sy huis met bierbrouery eksperimenteer en eendag voorgestel hulle moet ‘n eiesoortige bier brou.

“Hoekom nie, het ons gedink en begin rondspeel,” het Myburgh gedurende ‘n onderhoud aan die Record gesê.

Die harde werk is duidelik aan die verpakking en smaak van Antibiotika, ‘n indian pale ale-styl bier. Die broustyl is reeds 175 jaar oud en die smaak van hops kom sterk daarin voor. Een aanhanger het by die bekendstelling gesê dat dit “Antibiotika vir die siel” is.

Daarby is aanhangers getrakteer met ‘n lewendige vertoning deur ondersteunende musiekgroepe soos The Great Fernandos, Something October, Fever Dogs, Blazing Gooch en die groot finalé, Fokofpolsiekar. Die gehoor het dit so geniet en so gedans dat hul skoon die verhoog teruggeskuif het.

Vir meer fotos, kliek hier:

Waarskuwing: Video bevat kru taal

https://www.youtube.com/watch?v=q8m9vqvBq2w&feature=youtu.be

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button