NewsSchools

Die wiele sing by Havies

Laerskool Dr Havinga se jaarlikse kaskarwedren, die Japtrapfees was weer ‘n groot sukses. Leerlinge, ouers en onderwysers het voorverlede Vrydag ‘n heerlike dag van sonskyn, pret, kos en samesyn geniet terwyl die jongspan op die kaskarbane moedig deur die esse laat waai het. Hier en daar was daar ‘n verkeersopeenhoping en die juffrouens en menere …

Laerskool Dr Havinga se jaarlikse kaskarwedren, die Japtrapfees was weer ‘n groot sukses.

Leerlinge, ouers en onderwysers het voorverlede Vrydag ‘n heerlike dag van sonskyn, pret, kos en samesyn geniet terwyl die jongspan op die kaskarbane moedig deur die esse laat waai het.

Hier en daar was daar ‘n verkeersopeenhoping en die juffrouens en menere moes ook van tyd tot tyd handjie bysit maar dit was duidelik op deelnemers se verbete uitdrukings dat die renjaers erenstig was oor wen.

Beide ouers en ander feesgangers het die hoof, Leon Visser en sy personeel geloof vir ‘n puik dag by Havies.

Related Articles

Back to top button