LettersOpinion

Dit was darem baie duur

Laerskool Dr Havinga het Vrydag 27 Februarie weer n kaskar dag gehad. Kinders het baie pret gehad met die kaskkarre in die baan. Maar ek dink dis waar die pret begin en geeindig het. My broer se dogtertjie is in graad 2 en ongelukkig moes my broer vrydag werk en kon nie die kaskar dag …

Laerskool Dr Havinga het Vrydag 27 Februarie weer n kaskar dag gehad.

Kinders het baie pret gehad met die kaskkarre in die baan. Maar ek dink dis waar die pret begin en geeindig het. My broer se dogtertjie is in graad 2 en ongelukkig moes my broer vrydag werk en kon nie die kaskar dag bywoon nie en het toe my gevra om in te staan in sy afwesigheid. My broer het aan my x-bedrag geld voorsien sodat sy kind darm n paar speletjies ook kan speel en ietsie kan eet en drink.

Die geld wat spandeer is op die dag is gladnie die probleem nie, maar ek dink met die speletjies wat hul gehad het vir die kinders was die koste van die speletjie in vergelyking met die tyd wat die speletjie aanhou / of wat jy net een keer mag doen in daai speletjie, baie onregverdig.

Kom ons kyk eerstens na die speletjie “Slaan n Span” een kaartjie = R5. Die kind kies n span (drom) om te slaan met n staal hammertjie. Die betrokke personeel lid gee die kind net 30 sekondes om die drom te slaan, en die betrokke personeellid maak ook dan seker om dadelik die hammertjie by die kind weg te neem as die tyd vertreke is. Die arme kind stap weg en sê half amper in trane, “dit was nie fun nie”. Dit was regtig n uitbyt speletjie, ek meen, R5 vir 30 sekondes? Pateties.

Maar toemaar, se ek vir die arme kind, kom ons kyk wat anders is daar wat jy kan speel. Sandput waarin jy iets moet uit grou. Weereens R5, en tyd weereens onregverdig. Die betrokke personeellid vat die kaartjie sonder om te skroom en vertel die kind dat sy in die sandput moet grou tot sy iets uit kry. Sy kry net n paar sekondes (sê nie hoeveel nie).

Die personeel lid begin toe tel nog voor die kind in die sandput begin goru, ek besef tyd is nie baie nie en moedig toe die kind aan om vinning te grou. 10 sekondes (waarvan die kind eintlik vyf sekondes gehad het omdat die personeellid klaar begin tel het) R5 = 10 sekondes? Regtig weereens onreverdig. Arme kind stap weereens weg en sê “dit was a stupid game”.

Maar toemaar, dis maar net die 2de speletjie en daar is nog heelwat speletjies om te speel. Speletjie – Dip In Die Dam (As jy nie in die dam wil val nie, kan jy die bal gooi sodat iemand anders in die dam kan val) R5. Betaal jou kaartjie en staan in die ry tot dit jou beurt is om te gooi. Kind se beurt om te gooi. Die doel is om die teiken raak te gooi sodat die ander kind in die water kan val. Goed, vat die bal en gooi. Sy gooi mis. Personeellid sê toe “jou beurt is klaar”. Regtig vernederend dat ‘n kind nie weer mag probeer nie en moet weg stap omdat haar “beurt verby is”. R5= een keer gooi. Uiters onregverdig.

Maar toemaar, kom ons kry ietsie om te eet en drink dan kyk ons wat anders is daar om te speel. Die pryse van die eet en drink goed was regtig buitensporig. Maar tog moet n kind iets een en drink so dis nie my grootste “issue” nie. Kleur jou hare. R5 – R15. Kies twee vorms of twee strepe vir R5. Goed, (kind se naam), kies vir jou twee vorms en die kleur wat dit moet wees darm “spray juffrou dit op jou kop. Die kind kies toe die vorm en die kleur en die personeel lid spuit dit op die kind se kop.

Nou moet my nie verkeerd verstaan nie, maar die personeel lede kan teminste meer geduldig wees en die vorm mooi op die kind se hare spuit sodat dit darm soos n sterretjie of watookal kan lyk. Soos ek in die begin van die brief verduidelik het gaan dit nie oor die geld nie, maar bloot oor die feit dat die kind nie eers behoorlik pret kon hê nie.

Ons het ook besluit dat (kind se naam) nooit weer na n kaskar dag sal gaan nie. Al die speletjies is n uitbyt storie en kinders is nie altyd slim genoeg om te besef wat aangaan nie.

Die voorsitter van die beheerliggaan, Ona Stey reageer: Die Japtrapfees van Laerskool Dr Havinga is ‘n jaarlikse instelling en groot fondsinsamelings geleentheid. Soos bevestig met die skoolhoof, Leon Visser, doen die beplanningskomitee vier maande se in diepte beplanning. Dr Havinga is een van die grootste Afrikaanse laerskole in ons land met 1 327 leerlinge en glo ons die lesers sal waardering hê vir die feit dat ons onmoontlik kan voorsien in die diverse behoeftes van so ‘n groot ouer en kind gemeenskap. Ons is jammer dat hierdie graad 2 leerder se ondervinding nie vir haar lekker was nie, maar wil bevestig dat deelname vrywillig is en dat geen kind of ouer gedwing word om die dag by te woon of om enige bydrae te lewer nie.

Ons kan u ook verseker dat ons vanoggend oorval is met komplimente van ouers, kinders en korporatiewe vriende van Laerskool Dr Havinga, wat die Japtrap fees geweldig geniet het. U is welkom om Dr Havinga se Facebook bladsy te besoek ter bevestiging. Ons nooi ons ouers uit om enige terugvoer oor skool aangeleenthede direk met ons skoolbestuur of die beheerliggaam op te neem en onderneem om ten alle tye te reageer op die kritiek. Ek as voorsitter van die Beheerliggaam het self die dag bygewoon en my Graad R dogtertjie se reaksie was: ”Mamma dit was die beste, este dag van skool sover.“

Related Articles

Back to top button