NewsSchools

Nuwe Roodie leiers gekies

Die dagbestuur van Hoërskool Roodepoort is onlangs aangewys. Volgens die nuwe leiers wil hulle die verandering in die wêreld wees wat hulle graag wil sien. Hulle mikpunt is dan ook om die skool te dien en om ‘n positiewe boodskap oor te dra. Hulle visie saam as n span is “om Hoërskool Roodepoort as ‘n …

Die dagbestuur van Hoërskool Roodepoort is onlangs aangewys.

Volgens die nuwe leiers wil hulle die verandering in die wêreld wees wat hulle graag wil sien. Hulle mikpunt is dan ook om die skool te dien en om ‘n positiewe boodskap oor te dra.

Hulle visie saam as n span is “om Hoërskool Roodepoort as ‘n skool weer die beste in elke opsig te maak en die bloumasjien se enjin aan die gang te kry.”

Hoofseun Pieter du Plessis sê sy eie visie vir 2015 is om die skool te help om nuwe hoogtes te bereik terwyl hoofmeisie Celandine Alexander graag ‘n inspirasie wil wees vir elke Roodie sodat hulle hul drome moet nastreef en onthou dat niks onmoontlik is nie.

Die skool sê hulle ondersteun die leerders en is opgewonde oor dit wat 2015 inhou.

Related Articles

Back to top button