NewsSchools

Florida trots op 260 onderskeidings

Met 260 onderskeidings gloei onderwysers en leerlinge van Hoërskool Florida met trots.

Hoof Marthinus Schutte het vertel dat akademie prioriteit by dié skool is.

“Ons probeer om ‘n sekere standaard jaar na jaar hier te handhaaf; die leerlinge het pragtig presteer en ons is baie trots op hulle.”

Van een topstudent word daar nie gepraat in Florida nie want vier leerlinge het ‘n uitmuntende agt onderskeidings elk behaal. Daarby het ‘n ander matrikulant ook sewe onderskeidings ingeryg.

Die skool het een van die grootste groepe matrikulante nasionaal laasjaar gehad met 315 leerlinge wat hul bes gegee het met die afgelope eksamens.

“Mens kry net een matriekjaar en dit bly maar spesiaal,” het Schutte gesê.

Related Articles

Back to top button