NewsSchools

Bastion spog met 100% slaagsyfer

Hoërskool Bastion spog met 'n 100 persent slaagsyfer

Hoërskool Bastion spog met ‘n 100 persent slaagsyfer met die uitreik van die 2014 matriekeksamenuitslae.

Dis nie al nie, volgens skoolwoorvoerder Melitta Geyser wat vertel dat ‘n tweeling hul topstudente die afgelope matriekjaar was. Beide broers Bennie en Pieter van Zyl sien daarna uit om vanjaar weer agter die boeke in te skuif wanneer hul regte aan die Universiteit van Johannesburg gaan studeer.

Daarby spog drie pragmeisies met vier onderskeidings elk – Mijke Muller, Jolene Baynes en Brenda Mars.

“Die matrikulante van Hoërskool Bastion het ook besonder goed gedoen met hul kunsvakke, Visuele Kuns en Ontwerp,” het Geyser gesê.

Altesaam spog die skool met 71 onderskeidings.

“Dit maak die skool baie trots,” het Geyser gesê en bygevoeg, “die matrikulante se harde werk reflekteer in hul uitslae.”

 

Related Article:

West Rand matriculants get their results (2), 6 January 2015

Related Articles

Back to top button