Local newsNews

Buurtwag maak 2000 kinderhartjies gelukkig

Vragmotor vaar die strate in om geskenke uit te deel.

Vir 2000 kinders het Kersfees vroeg gekom vanjaar.

Op Saterdag 13 Desember het die West Suburbs Roodepoort Neighbourhood Watch (WSRNW) die strate van Witpoortjie, Reefhaven, Princess en Lindhaven met ‘n groot vragmotor met 2000 geskenke ingevaar. Hierdie was die vierde jaar van die tradisie.
Die Wicked Wheels motorfietsklub het gesorg dat daar 2000 geskenke vir die kinders van die gemeenskap was. Elke kind het nie net ‘n geskenk nie maar ook ‘n lekkergoed pakkie ontvang by die elf punte waar die trok gestop het. Behalwe vir die Wicked Wheels motorfietsklub was al die vrywilligers op die dag uit die geledere van die WSRNW.
Die voorsitter avan die WSRNW, Mathys van Rensburg sê hy wil graag sy dank uitspreek teenoor Bjorn Knobligh van die Warlocks motorfietsklub, Neels Jonker van Wicked Wheels motorfietsklub en Annette van Rensburg wat al drie instrumenteel was in die sukses van die dag. Hy sê ook dankie aan die Roodepoort polisie wat hulle op die dag vergesel het.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button