NewsSchools

Nicole is Gesig van die Jaar

Hoërskool Florida leerling ryg skoonheid en talent titels in.

Nicole Liebenberg, ‘n graad-9 leerling van Hoërskool Florida, is gekies as die nasionale wenner van die “Face of the year” in die kategorie vir meisies tussen 13 en 15 jaar.

Sy is ook aangewys as wenner van die Figures Models Roodepoort Showcase Models en het deurgedring na SA Model of the Year wat in Desember plaasvind. Hiermee saam is sy gekies vir ‘n leerlingskap by Figures Models.

Nicole het hierdie jaar Suid Afrika gaan verteenwoordig by die Europese Grand Prix in Barcelona as deel van die Fusion International dansgroep. Sy is genomineer om IMTA (International Modelling and Talent Academy) in New York by te woon in Julie 2015 en het vyf nominasies ontvang tydens die SA TalentChampionships.

Sy is ook gekies om die Actors, Models and Talent for Christ (AMTC) konvensie in 2015 in Orlando in die VSA by te woon waar sy genomineer is vir sang, dans, top vyf model, mode model, loopplank model asook leefstyl model.

Nicole ondersteun die Childhood Cancer Foundation of South Africa (CHOC).

Related Articles

Back to top button