Local newsNews

Plaaslike paradys gevul met kuns

In die middel van die voorstad lê ‘n stukkie paradys waar kunssinniges van die daaglikse gejaag kan ontsnap en ontspan terwyl hulle hul kan verlustig in die verskeidenheid skilderye en digkuns in die tuin. Die Kuns in die Tuin-konsep van Annamarie Heuser is uniek en eie aan Florida. Sy sê die wêreld van kuns word …

In die middel van die voorstad lê ‘n stukkie paradys waar kunssinniges van die daaglikse gejaag kan ontsnap en ontspan terwyl hulle hul kan verlustig in die verskeidenheid skilderye en digkuns in die tuin.

Die Kuns in die Tuin-konsep van Annamarie Heuser is uniek en eie aan Florida. Sy sê die wêreld van kuns word elke vier maande vir die gemeenskap oopgestel sodat hulle plaaslike kunstenaars se werke kan geniet terwyl hulle aan die verskeidenheid versnaperings smul.

Diegene wat ook in digkuns belangstel, kan deur die tuin stap en poësie op die borde lees. Belangstellendes kan Heuser by 082 480 5248 skakel.

Kliek hier om hulle Facebook blad te besoek.

Related Articles

One Comment

Check Also
Close
Back to top button