Latest SportSport

Die kroonprinse van rof

Stoeier werk vier jaar vir titel.

Alhoewel baie mense die integriteit van rofstoei betwyfel, bly dit groot vermaak vir aanhangers.

Die record is onlangs genooi om van die sport se kampioene te ontmoet en te kyk hoe hulle oefen.

Die kroonprins van dié sport is tans Kyle KO Ripley, of KO soos sy aanhangers hom noem. Na vier jaar se harde werk het KO in September die African Punishment Wrestling Association (APWA) se gesogte Wêreld Swaargewig-titel ingepalm.

Die week na sy oorwinning het hy ‘n sewende plek bekleë op die Power Rating Charts (PIR) van die onafhanklikke profesionele stoeiers, bo bekendes soos AJ Stars en Joe Lethal.

KO (regte naam Daniel Koen) het eers amateur gemengde vegkuns beoefen maar sy hart lê by professionele rofstoei. Hy word deur Azanzi, ‘n groot naam in die bedryf, afgerig.

KO beoefen ook ander adrenalien-sportsoorte soos ‘warrior racing’ (resies met viertrekvoertuie op ‘n militêre hindernisbaan) en is effens ontwykend as hy gevra word of stoei regtig as ‘n sport beskou kan word en of dit alles nie maar net vertoon is nie.

“Dis ‘n kuns. Dis ook ‘n sport maar dit vat jare se oefen om te kan doen wat ons doen. Dit het my vier jaar geneem om te kom waar ek is,” sê KO.

Hy ontken dat alle truuks vooraf beplan word of dat wenners voor die tyd gekies word.

“Ons leer wel sekere kunsies aan om die pyn ‘n bietjie te verminder,” lag hy maar wil nie uitbrei nie.

Nog twee manne wat nou die wennersgordels dra is die aflosspan Two-Face en Dirty Jackson, ook bekend as die Dementors of Chaos. Met grimering wat herinner aan die Joker-karakter uit die Batman-flieks, het hulle vrees by hulle teenstanders ingepalm en al in Augustus die APWA Wêreld Swaargewig Aflos-titel gewen.

Gevra of hulle die gevegte reperteer, antwoord hulle, “Jy moet gou kom kyk hoe maak ons ons teenstanders tjop-tjop ‘n bietjie seer”.

Langs die kryt terwyl die stoeiers oefen is dit steeds nie duidelik of alles maar net groteske vermaak is nie. Wat wel duidelik is, is dat die sport baie fisiek is en die manne beslis blou en seer moet wees na ‘n geveg.

Op 31 Oktober kan KO in aksie gesien word teen Renegade by die Danie van Zyl Sentrum.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button