NewsSchools

Roodies het groen vingers

Laerskool Roodekrans vier Nasionale Boomplantdag.

Laerskool Roodekrans het Boomplantdag gevier deur 20 jong boompies te plant op hul skoolgronde. Leerlinge het in graadverband hand bygesit, vertel skoolwoordvoerder Marike Cronjé.

“Meneer Ernest Seleke, wat al sedert 1984 by Laerskool Roodekrans werk, het soos met elke Boomplantdag ook sy hulp aangebied.

“Van die eerste bome wat hy hier geplant het staan vandag reusagtig en trots naby die kantoor.”

Leerlinge het vrolike lenteprentjies geteken wat oral opgesit is en die Graad 7’s het plakkate met interessante feite van bome gemaak.

“Hulle het ook verskillende inheemse bome op die skool se inligtingsborde uitgebeeld en die bome versier.”

Die bome wat geplant is het ook naamplaatjies gekry met die nasionale boomlysnommer, die wetenskaplike sowel as die Afrikaanse en Engelse naam van elke boom daarop.

“Hierdie inisiatief het leerlinge betrek om hulle nie net bewus te maak van hulle omgewing nie, maar ook om meer te leer oor inheemse bome en natuurbewaring.

“Ons is baie trots op ons natuur,” het Cronjé gesê, “die Roodies leef groen!”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button