NewsSchools

Kruiners se langasems blink uit

Atlete loop weg met 10 medaljes.

Laerskool Helderkruin se landloopseisoen het met ‘n knal afgeskop.

Onder afrigting van Rolandi Minnaar en Erika Gresse het die atlete hul prestasies verseker deur vier keer ‘n week te oefen.

Hulle het beslis die vrugte gepluk tydens die drie byeenkomste by Weltevreden Park Primary, aangesien die meeste van hulle elke keer in die top 20 geëindig het. Helderkruin spog ook met 10 medaljes (drie goud, vyf silwer en twee brons).

Elf van die atlete het gekwalifiseer om aan die D12 Kampioenskappe deel te neem. Drie Kruiners – Nicole Botha, Neige Booysen en Ruandré Booysen – neem ook 20 September aan die Gauteng Kampioenskappe deel in Vereniging.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button