Local newsNewsUpdate

Roodepoorter ‘n Top 25 Mnr SA kandidaat

Armand du Plessis (25) werk hard aan en in sy gemeenskap.

Armand du Plessis (25) wat in Ruimsig woon is een van die top 25 finaliste in die Meneer Suid-Afrika 2014 kompetisie.

Du Plessis is aan die einde van Augustus aangewys as een van die top 25 finaliste nadat die groep van 50 finaliste ‘n reeks take moes afhandel om te kwalifiseer.

“Ek wil die Wes-Rand se naam hoog hou en my allerbeste gee vir my gemeenskap,” sĆŖ Du Plessis.

“Dit is ‘n ongelooflike voorreg om deur inwoners ondersteun te word en by hulle en hul skole se projekte betrokke te raak.”

Du Plessis het onlangs saam met ander finaliste bome geplant om nasionale Boomplantweek te vier. Hy het ook by skole in Roodepoort en Randfontein praatjies gelewer oor die Men of Honour Campaign, waarby ‘n reeks finaliste betrokke geraak het. Hy is tans besig om ‘n 100-dag uitdaging wat deur die projek saamgestel is te voltooi.

Laasweek het hy as een van die beoordelaars opgetree by Hoƫrskool Bastion se Meneer en Mejuffrou Bastion-kompetisie, wat in Muldersdrif gehou is.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button