NewsSchools

207 A’s vir Kruiners in kunswedstryd

Helderkruin-leerlinge spog met top prestasies by die onlangse Roodepoortse Afrikaanse Kunswedstryd.

Die kunste word nie afgeskeep by Laerskool Helderkruin nie.

Leerlinge het onlangs aan die Roodepoortse Afrikaanse Kunswedstryd (Rak) deelgeneem, vertel Isobel Mitchley, skoolwoordvoerder.

“Laerskool Helderkruin het hierdie jaar beslis geskiedenis gemaak met hul massa-optrede by Rak.”

Sowat 221 leerlinge van Graad R tot 7 het aan individuele Afrikaanse en Engelse voordrag deelgeneem. Daar het ook ses spreekkore (altesaam 242 leerlinge) meeding, waarvan ‘n Graad 6-spreekkoor as die itemwenners in hul kategorie aangewys is. Mitchley reken die uitstekende uitslae van dié leerlinge toe aan hul entoesiasme en puik afrigting deur personeellede.

“Juffrou Karen Lourens is ons kultuurhoof en sy is die hartklop van al die kultuuraktiwiteite wat ons aanpak.

“Die skool en leerlinge spog met 58 diplomas, 80 A+’e, 69 A’s en 14 B’s.”

Laerskool Helderkruin spreekkoor uitslae:

• Graad R: 93%

• Graad 1: 93%

• Graad 2: 90%

• Graad 3: 90%

• Graad 4: 95%

• Graad 5: 92%

• Graad 6: 95%

• Graad 7: 98%

Junior- en kinderkoor uitslae:

• Gewyde sang: 92%

• Eenstemming: 91%

• Meerstemming: 93%

• Volksmusiek: 93%

• Program van drie liedere: 94%

 

Related Articles

Back to top button