NewsSchools

Monsier et Mademoiselle Roodie 2014

'n Romantiese Franse tema het gesorg dat dié deelnemers hul beste voete voor sit.

Met ‘n Franse tema het Meneer en Mejuffrou Roodie-kandidate hierdie jaar hul beste voete voor gesit.

Die Meneer en Mejuffrou Roodie 2014 kompetisie het kompleet soos die Avenue des Champs-Elysées in Frankryk gelyk, met Franse agtergrondmusiek en die muurskildery van die Arc de Triomphe in die agtergrond. Tydens ‘n kort pouse kon gaste smul aan gevulde Franse broodjies en ‘sjampanje’ wat by verskillende ‘straatkafeetjies’ bedien is.

Compéres Theuns Fourie en Stephanie Barnard het gesorg dat die aand glad verloop. Gaskunstenaars Johan van Niekerk, Fanie van Vuuren en Kirsten Claire het vir nog genot gesorg en tot die Franse atmosfeer bygedra. Van Niekerk het ‘n trekklavier bespeel, Van Vuuren het ‘n Franse keurspel op die klawerbord gespeel en Claire het die gehoor met haar pragtige stem bekoor.

Claire het ook as een van die beoordelaars opgetree saam met Vanessa Maher (Marshall Music), Jacques de Wet (Oud-Roodie), Monika Bock (Boss Models Agency, Miss Face SA 2012, Miss Brandcliff Private School) en Annelize Kniep (SA-gimnas, Goue Leeus-danser). Die punteprogram is deur Lizette Wiese en Nicola Bock behartig.

Sestien junior dogters, 20 senior dogters, drie junior seuns en agt senior seuns het elegant op die loopplank geparadeer, vertel skoolwoordvoerder Carin van Niekerk.

“Elke deelnemer was goed voorbereid en het die Roodie-naam hoog gehou met hulle keurige dag- en aanddrag.

“Die Roodie-manne het die dames sjarmant op die loopplank begelei.”

André Louw en Tiani Potgieter is uiteindelik aangewys as Meneer en Mejuffrou Roodie 2014 (seniors) terwyl Christopher Dryer en Leandri Myburgh as Meneer en Mejuffrou Roodie Junior gekies is.

“Baie dankie aan elke Roodie-onderwyser wat in ‘n mindere of meerdere mate tot die sukses van die aand bygedra het.

“‘n Besondere woord van dank ook aan Mevrou Wiese wat as koördineerder van die funksie haar uitstekend van haar taak gekwyt het,” het Van Niekerk gesê.

“Elke deelnemer het met ‘n positiewe gesindheid borge gekry en die aand die moeite werd gemaak.

“Dankie ook aan al die ouers wat hul kinders bygestaan en ondersteun het.”

Ander Mnr en Mej Roodie 2014 wenners:

• Mejuffrou Persoonlikheid Junior: Tyrese Slade

• Mejuffrou Persoonlikheid Senior: Nicole Auths

• Mejuffrou Fotogenies Junior: Caitlyn Petersen

• Mejuffrou Fotogenies Senior: Jessica Combrinck

• Crowd Favourite Junior: Mia Naudé

• Crowd Favourite Senior: Celandine Alexander

• Meneer Persoonlikheid: Francois Maritz

• Meneer Crowd Favourite: Kyle Holtshauzen

• Meneer Fotogenies: Anrikus Sevenster

• Debutante: Kelly-Ann Saptoe, Anlaine Posthumus, Ezna Esterhuizen, Seugnet Weideman, Chané van Tonder, Jesse Saptoe en Jaco Coetzee

Hoërskool Roodepoort bedank graag hul borge:

• Vanessa Maher (Marshall Music)

• Therese (Figures Model Agency)

• Me Saptoe (P@w Back Academy)

• Me Weideman (Spur, Face to Face)

• Me Van Tonder (Barnyard Theatres)

• PNA

• Fig Tree Promotions

• Edwin Hawthorn Photography

• Avon vir produkte

• Westgate vir geskenkbewyse

• Hi-Tek Security

• Magalies Auto Centre

• Nick’s Butchery Shop

• Fifth Avenue by Elize

• Pure Romance by Santie

• Sandra Brönn Hampers

• Michael Vorster Photography

• Salon Louise

• Spur Westgate

• Jutta Hair

• Honey

• Picture Perfect Memories

• Senses

• Liberty Life

• Tupperware

• Hallmark

• Von Wielligh Jewellers

• Lappies Salon

• Clover

• Café Wès

 

Related Articles

Back to top button