NewsSchools

Vier Havies stry tot bo

Leerlinge seëvier in onlangse redenaarskompetisie vir die seniorfase.

Vier Havies het hul redeneringsvermoë op die proef gestel by die afgelope Senior Redenaarskompetisie.

In Augustus het altesaam 25 leerlinge aan Laerskool Dr Havinga se tweede Senior Redenaarskompetisie vir die jaar deelgeneem.

“Dit was ‘n aand vol hoogtepunte met toesprake uit die boonste rakke,” sê skoolwoordvoerder Anesta Zevenster.

Een wenner uit elke graad in die seniorfase is in hul ouderdomsgroep aangewys. Dié wenners is Ashley Denner (Graad 4), Megan Henning (Graad 5), Chané-Marie du Plessis (Graad 6) en Nulé Steyn (Graad 7).

“Baie geluk aan al die wenners, julle is tops!”

Related Articles

Back to top button