NewsSchool sportSchoolsSport

Roodie-netbalspelers eindig vierde in Gauteng

Liga- en streekswenners durf Wintergames aan en eindig vierde.

Die onder 11-netbalspan van Laerskool Roodekrans het onlangs vierde onder al die spanne in Gauteng geëindig.

Dit nadat hulle aan die Wintergames-finaal deelgeneem het, wat verlede Saterdag (16 Augustus) by die Universiteit van Pretoria aangebied is. Die Wintergames is ‘n inisiatief van die Departement van Onderwys wat fokus op die onder 11- en onder 14-netbalspanne, waar die twee top skole uit elke liga jaarliks meeding. Die Roodies onder 11-spelers het vroeĂ«r vanjaar die D12-distrikskampioenskappe gewen en daarna ook die streekskampioenskappe teen vyf ander distrikte gewen. Dit is toe dat hul oefen om as een van agt spanne om die Gauteng-titel mee te ding.

“Hierdie spannetjie moes deur die Julie-vakansie oefen,” sĂª Ethel Basson, hulle afrigter.

“Hulle toegewyding het vrugte afgewerp toe hulle Saterdag ‘n vierde plek in Gauteng losgespeel het.

“Ons is geweldig trots op die dogtertjies se deursettingsvermoĂ« en vaardighede, en verwag nog groot dinge van diĂ© span.”

Related Articles

Back to top button