NewsSchools

Die Booysens hardloop dat die stof staan

Neige presteer op alle gebiede.

Die Booysen-gesin is inderdaad geseën met menige talente maar blink tans veral uit in landloop.

Neige Booysen (12) en haar twee boeties Christo (9) en Ruandré (11) is aldrie langasems wat die gene blykbaar by hulle ouers geërf het wie self kranige langafstandatlete is. Die gesin oefen elke dag saam by die Ruimsig atletiekgronde.

Op 8 Augustus het Christo ‘n tweede plek behaal met die 2km-landloopliga by Weltevreden Park Primary en die afgelope Vrydag (15 Augustus) het Neige en Ruandré beide ook eerste plekke behaal by Weltevreden Park Primary in die 3km-landloop. Christo was ongelukkig siek en kon nie deelneem nie. Ruandré se tyd was so goed dat hy selfs van die ouer seuns geklop het.

Isobel Mitchley, die skool se skakelbeampte sê dat die Booysen-gesin “pragtige kinders is”.

“Neige is ook onderhoofmeisie en presteer baie goed op kultuurgebied waar sy onlangs as koorleier aangewys is,” vertel Mitchley.

Related Articles

Back to top button