NewsSchools

Roodies binnekort op TV

Laerskool Roodekrans een van die eerste skole wat deelneem aan nuwe kykNET Musiek-program.

Niemand kan in ‘n Roodie se pad staan wat sy skool se naam hoog wil hou op nasionale TV nie.

Laerskool Roodekrans se koor het onlangs aan ‘n nuwe kykNET Musiek-reeks, Sing in harmonie deelgeneem onder leiding van koorleier Ellen van Eyk.

Hulle opname sal deel word van die eerste episode, wat beteken dat hulle een van die eerste skole is wat genader is. Die program handel oor skoolkore en in elke episode kompeteer drie of vier skole teen mekaar. Daarna word ‘n finale rondte of twee gehou tussen die wenkore.

“Die kinders was baie opgewonde oor die opname en kon nie genoeg oefen nie,” vertel juffrou Marike Cronjé.

Roodies het bo uitgekom toe hulle as die wenners van hul episode aangewys is. Dit beteken dat hul op ‘n latere stadium met ‘n tweede opname sal kompeteer teen ander wenners. Die reeks sal vanaf September op kykNET Musiek (kanaal 146 op die DStv) uitgesaai word.

Lees meer oor Sing in Harmonie hier.

Sien meer foto’s van die geleentheid hier.

Related Articles

Back to top button