Local newsNewsUpdate

Nuwe Moth-kommitee opgewonde oor projekte

'n Potjiekos-kompetisie is op die horison.

Met ‘n lekker kuier Woensdagaand (16 Julie) is die nuwe kommitee van die Roodepoortak van die Moth (Memorable Order of Tin Hats) Klub ingehuldig.

Die klub het hul jaarlikse algemene vergadering gehou waarna die kommitee ingehuldig is. Daarna het die lede en hul families ‘n heerlike aandete geniet.

Nuwe distriksvoorsitter Jan du Bruyn het gesê dat die groepie opgewonde is vir die jaar wat voorlê. Hulle is veral opgewonde oor die potjiekos-kompetisie wat hulle in Augustus in Muldersdrift gaan hou. Al die geld wat deur die kompetisie ingesamel word sal na die Haven-huise in die area gaan.

Die Haven-huise is ‘n langstaande Moth-projek waar minderbevoorregtes woon.

Roodepoort se Moth Klub hou elke eerste Dinsdagaand van die maand hul vergadering om 7nm by die Chilli Trench in Roodepoort. Alle belangstellendes is welkom. Kontak gerus Jan du Bruyn by 081 031 3363 vir verdere inligting.

 

Nuwe Roodepoort Moth-kommitee:

• Distrikvoorsitter (‘Old Bill’): Jan du Bruyn

• Ondervoorsitter (‘Wee Bill’): Reuben Swarts

• Tesourier (‘Pay Bill’): Kallie Calitz

• Skakeling (‘Ads Bill’): Lionel Crator

• Sersant Majoor (‘Sergeant Major’): Piet Combrinck

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button