Local newsNews

Mandy Combrinck verseker ‘n wenner

As jy nie inskryf nie kan jy nie wen nie, sê sy.

Mandy Combrinck, 29,van Randfontein het verseker Vrydagoggend (30 Mei) ‘n wenner gevoel toe ‘n splinternuwe Nissan Hardbody bakkie aan haar oorhandig is.

Mandy het aan die Virseker kompetisie deelgeneem, in samewerking met KykNet se Binnelanders, waar ‘n wit Nissan Hardbody bakkie, waarvan daar ‘n beperkte hoeveelheid vervaardig is, die eerste en enigste prys was. Die bakkie is sowat R460 000 werd. Sy is al op 28 April verwittig van die prys wat sy gewen het maar kon eers Vrydag haar bakkie eis by Nissan Northwest op Ontdekkersweg.

“Ek het seker oor die 200 keer ingeskryf vir die kompetisie,” het ‘n opgewonde Mandy gesê. Haar man André kon maar net sy kop skud in antwoord, self opgewonde. Dié wat wou kon inskryf per sms, aanlyn of deur middel van Huisgenoot, Finweek, KykNet, GrootFM of Radio Tygerberg.

Dawid Botha, die Virseker bemarkingsbestuurder wat by was vir die oorhandiging, het gesê dat hulle 126 000 inskrywings gekry het en dat 21 000 mense deelgeneem het.

“Jy moet, jy móét net probeer,” sê Mandy oor kar kompetisies.

“As jy nie ingeskryf het nie, staan jy nie ‘n kans nie.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button