School sportSport

Tau-rugby en mini-netbal “goed vir ons kleintjies”

Havie-sportdag laat seuns en dogters aan hul vaardighede werk.

Jong opgewonde sportseuns en -dogters het weer onlangs die geleentheid gekry om hul vaardighede te toets tydens Laerskool Dr Havinga se sportdag.

Met die doel dat hierdie leerlinge hul vaardighede moet ontwikkel eerder as kompitereend te wees was dit ‘n bedrywige affêre op Havies se netbalbane en rugbyvelde.

Lizelle Kies van Havies sê, “Netbal Suid-Afrika dring daarop aan dat ons nie tellings mag hou nie.

“Ek kan jou egter verseker dat dit uitstekend gegaan het met ons dogters. Uit die 19 wedstryde wat gespeel is het ons slegs twee verloor en een keer gelykop gespeel.

“Wat die welpierugby aanbetref het dit ook uitstekend met ons seuns gegaan, veral die Graad R’e het ons naam hoog gehou. Ons is trots op ons seuns wat die reëls so goed leer ken en dit met vrug toepas.”

Talle skole stem saam dat kinders wat aan tau-rugby en mini-netbal blootgestel word net kan baat.

Meer oor welpie-rugby (Tau-rugby) en mini-netbal:

• Dit gaan daaroor om ‘n liefde onder hulle te kook vir die sport

• Dit gaan nie oor wen of verloor nie, eerder om die sport te geniet en ontwikkeling

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button