School sportSport

Ses Kruiners haal Goue Leeus

Twee leerlinge haal die o.12- en vier die o.13-span.

Kruiners hou duimvas vir ses van hul rugbysterre wat binnekort vir twee Goue Leeus-rugbyspanne gaan speel.

Twee leerlinge Dian de Jongh (haker) en Divan Esterhuizen (agsteman en slot) sal probeer om naam te maak vir die o.12-span terwyl vier ander leerlinge, Dayton de Jongh (haker), Blain Jacobs (flank), Aiden Robberts (skrumskakel) en Wian Steenkamp (heelagter) die o.13-span gaan verteenwoordig.

Aiden, Wian en Dayton is vir ‘n tweede agtereenvolgende jaar gekies vir hierdie span. Aiden is ook die onderkaptein van die Kwaggas (skool se eersterugbyspan) en Dayton die kaptein van die Kwaggas.

Dayton is veral bekend vir sy uitstaande aanmoediging en leierskap op die rugbyveld.

“Ons wens die seuns sterkte toe met hul wedstryde teen die Valke en Pumas,” sĂȘ Isobel Mitchley, woordvoerder van die skool.

“Mag julle die Goue Leeus en Helderkruin se naam hoog hou.”

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button