NewsSchools

Kruiner maak opslae met sy musiektalent

"Hy is 'n pianis en violis om dop te hou vir toekoms," sê skool.

Willie Naude, ‘n Graad 6-leerling van Laerskool Helderkruin het ‘n groot toekoms in die musiekwêreld, voorspel sy skool.

Dit nadat die jong talentvolle musikant onlangs een van die wenners van die Hennie Joubert Merietepryse is.

Isobel Mitchley, woordvoerder van die skool vertel, “Hierdie prys word toegeken aan uitstaande presteerders in die praktiese en teoretiese Unisa musiekeksamens, wat deur die Direktoraat Musiek afgeneem is.

“Die pryse word aan die drie kandidate per graad toegeken wat die hoogste punt landwyd behaal het.”

Te same met sy toekenning het Willie ook ‘n bedrag van R560 ontvang vir sy eksamenprestasie in Musiekteorie Graad 3.

Willie se foto verskyn ook in die volgende uitgawe van Musicus (vol 43.1,2014) – die amptelike tydskrif van die Direktoraat Musiek by Unisa wat slegs twee keer per jaar verskyn. Die tydskrif word al sedert 1973 gepubliseer.

Isobel beskryf Willie verder as, “‘n Seun wat aan alles deelneem by die skool en baie gewild is onder sy maats. Kruiners wens hom sterkte toe met sy blink toekoms as pianis en violis. Mag sy drome bewaarheid word.”

Related Articles

Back to top button