Local newsNews

Minderheidsregte is nie ‘n vloekwoord nie

Regsgeleerde en parlementslid poog om wanopvattings oor minderheidsregte uit die weg te ruim.

Vryheidsfront Plus (VF Plus) Parlementslid en premierskandidaat Anton Alberts het die party se siening van minderheidsregte aan die record verduidelik.

“Minderheidsregte vir kulturele, taal- en godsdiensminderhede, soos Afrikaners en die Khoisan-volke, word as deel van internasionale menseregte beskou. Hiervolgens word minderhede as ‘n groep erken en hulle regte verskans ongeag waar hulle woon. Hulle regte (gewoonlik kulturele en ekonomiese regte) moet deur die staat beskerm word,” verduidelik Alberts.

“Dit word gedoen deur aan die groep bepaalde magte te gee, soos die skep van kultuurrade, om hulle belange te bevorder. Dit kan ook gedoen word deur magsdeling waardeur minderhede gewaarborgde verteenwoordiging op sekere of alle regeringsvlakke kan kry.

Alberts het ook verduidelik dat die VF Plus die doel kan bereik deur te verseker dat

•minderhede die reg kry tot verteenwoordiging op elke gesagsliggaam van die staat en ’n vetoreg kry waar die staat beleid wil instel wat die betrokke gemeenskap of minderheid sal raak of benadeel. Prakties beteken dit dat minderhede wat in Roodepoort woon die reg het om besluite van die Johannesburgse Metroraad, die Gautengse Provinsiale Regering en selfs die nasionale regering te veto indien dit hulle negatief raak

•mag na gemeenskappe afgewentel word wat hulle beheer gee oor hoe belasting in hulle gebiede spandeer word. Prakties beteken dit dat elke wyk in Roodepoort ‘n eie begroting sal hê wat bestuur word deur ‘n gemeenskapsliggaam. Die liggaam kan dan na gelang van behoefte fondse spandeer om byvoorbeeld ekstra opgeleide polisielede aan te stel vir beter veiligheid, strate regmaak, parke bou en onderhou, of skole bou of vergroot. Minderheidsliggame sal ook sodanige begroting hê om hulle kulturele belange te bevorder deur byvoorbeeld ‘n moedertaal-onderrig skool te bou

Alberts het afgesluit deur te sê dat “as die VF Plus genoeg kiesersteun kry, sal die party hierdie beleid in die raadsale indra as oplossing”.

 

Related Articles

Back to top button