NewsSchools

Pret ‘oorweldig’ inskrywings tydens Roodie-opedag

"Dit was voorwaar 'n Roodies-fees."

Dit was ‘n geval van knyp jou oë toe en geniet jouself my kind toe Laerskool Roodekrans se opedag die afgelope naweek plaasgevind het.

Van springkastele; ‘n roomyskarretjie; musikale hoola-hoop; mini-krieket en ‘n poppekas-vertoning tot hope lekkernye om van te koop het die te veel pret effens die hoofdoel om in te skryf dalk die opedag oorweldig.

Maar dis mos waaroor dit gaan, is dit nie?

Volgens Marike Cronje, woordvoerder van die skool, was die skool al van baie vroeg af ‘n miernes van bedrywighede.

“Oral het leerlinge, onnies, ouers en uitstallers rondeskarrel om alles so perfek moontlik te hê vir hierdie groot en belangrike geleentheid. Ek dink ook ons het bewys dat Roodies beslis dié skool van die toekoms is.”

Om elke voornemende ouer en Roodie ‘n proe te gee waarvoor hulle hulself inlaat by Roodies en dat ‘n hoë standaard op alle vlakke gehandhaaf word was die spesiale verwelkoming met moeite presies dit.

“Almal is van die begin af met ‘n pakkie springmielies en ‘n suigstokkie getrakteer gevolg deur ‘n oulike opedag konsert in die voorportaal van die saal. Ons oulike Gr.6 en Gr.7-dansgroepe het dan die kersie op die koek gesit met hul bydra.

“Net toe almal dink die optredes is verby, verskyn die junior- en seniorkore. So ‘n ongelooflike kombinasie van dissipline, konsentrasie en pragtige kinderstemme het Roodekrans lanklaas beleef, veral toe die Senior Koor die skoollied uit volle bors sing.

“Hierna het Buddy Marais, ‘n befaamde trekklavierspeler van Die Penkoppe-boere-orkes saam die seniorkoor ou Afrikaanse-gunstelinge soos Suikerbossie, Namakwaland en My Pappa gesing.

“Na dié vertoning het die skoolhoof, Deon Rousseau, die voornemende Roodies en hul ouers toegespreek. Behalwe dat hy oor die trotse Roodie-familie geklets het, het hy bygevoeg dat die Roodie-familie in die toekoms gaan vergroot deur Graad RR aan te bied. Die Beheerliggaam en Bestuurspan beplan ‘n “1-stop-skool” vir ouers en leerlinge.

“Na Mnr. Rousseau se toespraak, was dit tyd vir ‘n poppekas-vertoning in die personeelkamer. Intussen het voornemende Gr 1-Roodies die geleentheid gekry om hul slag te wys met musikale hoola-hoop en speletjies terwyl netbal, rugby, karate, mini-hokkie, mini-krieket en tennis deur ervare afrigters en leerlinge op die veld aangebied word.”

Marike het afgesluit deur te sê, “Wat ‘n wonderlike voorreg was dit om saam met soveel oud-Roodies en die wat eersdaags nuwe ouers gaan wees te kuier en saam leerlinge te geniet. Dit was voorwaar ‘n Roodies-fees.”

Roodies het bevestig dat hul het planne in plek om Graad RR'e in die toekoms te verwelkom.
Roodies het bevestig dat hul het planne in plek om Graad RR’e in die toekoms te verwelkom.
Ervare afrigters het jong mannetjies gewys hoe mens rugby speel.
Ervare afrigters het jong mannetjies gewys hoe mens rugby speel.
Mini-hokkie was ook deel van die opedag se aktiwiteite.
Mini-hokkie was ook deel van die opedag se aktiwiteite.
Ervare afrigters het jong mannetjies gewys hoe om rugby te speel - eers opwarm natuurlik.
Ervare afrigters het jong mannetjies gewys hoe om rugby te speel – eers opwarm natuurlik.

Related Articles

Back to top button