NewsSchools

10 Kruiners deur na gewilde ATKV-redenaarskompetisie

Vyf haal die juniorspan terwyl vyf die senior span haal.

‘n Totaal van 10 Kruiners het die Junior en Senior Redenaarspanne gehaal wat binnekort aan die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) se gewilde redenaarskompetisie gaan deelneem.

Isobel Mitchley, woordvoerder van die skool sê dat, “64 Kruiners van Graad 4 tot 7 aan ons interne uitkloprondte, die Aikôna Fees, deelgeneem om ‘n plek in die junior en senior redenaarspanne te probeer kry.

“Die fees was ‘n reuse sukses, als te danke aan ons talentvolle sprekers en bekwame Afrikaans Departement se personeel. Die oulike ATKV Temas was: ‘Trappe, seisoene en braai’ vir die juniors en ‘Rooi, posisie en kook’ vir die senior deelnemers.

“Die gebabbel van die sprekers om elk hul opinie te lug het die beoordelaars ordentlik laat kopkrap. Wilna Barkhuizen en Bets Ellis het hul goed van hul taak gekwyt en het die sprekers geprys vir hul ongelooflike toesprake.”

Die Junior Redenaarspan (Graad 4 en 5) vir 2014 is:

• Francois Krause, Chanté Duys, Danica Strydom, Estia Scheepers en Zander de Wet

Die Senior Redenaarspan (Graad 6 en 7) vir 2014 is:

• Minke Marais, Jané van Geems, Sean Whitehead, Thinette du Toit en Jolinda de Kock

Kruiners in die Senior Redenaarspan.
Kruiners in die Senior Redenaarspan.

Related Articles

Back to top button