NewsSchools

Kruiners lus vir lees na Boek Buddies se besoek

"Hulle laat die karakters in die boeke lewendig word."

Kruiners is weer lus vir lees nadat Boek Buddies van die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) die skool op Donderdag 6 Maart besoek het.

Boek Buddies is ‘n produksie wat geskep is om lees in Afrikaans te bevorder. Hulle is ‘n groepie professionele akteurs wat kinders deur drama aanmoedig om meer te lees.

Die Boek Buddie-span het op die dag ‘n paar nuwe boeke aan die Graad 1- tot 7-leerlinge bekendgestel deur middel van ‘n opvoering in die saal. Boek Buddies laat die karakters in die boeke lewendig word en die leerlinge kan dan met die karakters identifiseer wanneer hulle die boeke self lees.

Volgens Isobel Mitchley, woordvoerder van Kruiners, het leerlinge “letterlik aan die Boek Buddies se lippe gehang met elke storie.

“Van die stories wat opgevoer is, is Spring, Koue Rillings en Zackie Mostert en die geheimsinnige gedaante. Dié boeke is geskryf deur onder andere Fanie Viljoen, Francois Bloemhof en Jaco Jacobs.”

Ouers word aangemoedig om die webtuiste van die ATKV-projek by www.atkvprojekte.co.za te besoek om hulle kinders te help om vir hul beste boek te stem.

Related Articles

Back to top button