Local newsNews

Ouer waarsku ander ma’s teen dief

Dief na bewering 'n ouer.

‘n Ouer van Laerskool Florida het onlangs ‘n duur les geleer toe sy haar vierjarige seuntjie by die naskoolsorg gaan oplaai het.

Op 19 Maart het Nicky Parel (27) om ongeveer 5.20nm by die skool opgedaag en aangesien sy reeds laat was het sy net haar tweejarige saam met haar geneem maar haar handsak in die motor gelaat.

‘n Ander persoon, wat sy vermoed het ook ‘n ouer was, het in ‘n wit dubbelkajuitbakkie daar aangekom. Parel beweer dat die man haar ongemaklik laat voel het deur die manier waarop hy na haar gekyk het.

Toe sy terug is by die motor ontdek sy dat haar venster oopgeforseer is en haar handsak verdwyn het.

‘n Man wat volgens Parel by die skool werk, het haar ingelig dat twee mans uit die bakkie geklim het en haar venster met ‘n skroewedraaier oopgeforseer het.

Parel sĂȘ dat sy geskok en ontnugter is omdat sy die slagoffer van misdaad was by ‘n skool waar sy verwag om deur “haar mense” omring te wees.

“Ek wil veral ander vroue waarsku dat hulle versigtig moet wees en liefs waardevolle items saam met hulle neem, selfs al stop hulle net vir ‘n oomblik by die skool,” waarsku Parel.

Sy het ook gevra dat enige iemand wat die insident gesien het of dieselfde oorgekom het haar moet skakel by 081 744 7291.

Die skoolhoof kon nie bereik word vir kommentaar nie.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button