NewsSchools

Bastion herdenk 84ste Wêreldbiddag vir Vroue

"Dit is vir ons 'n belangrike geleentheid" sê skool.

Hoërskool Bastion het op die eerste Vrydag in Maart soos die res van die planeet die 84ste Wêreldbiddag vir Vroue gevier.

Amanda de Jager, woordvoerder van die skool sê, “Die 7de Maart 2014 was ‘n dag waarop vroue regoor die wêreld in gebed verenig het.

“Bastion beskou dit as ‘n baie belangrike geleentheid. Ons het die dag gevier met ‘n kort program wat bestaan het uit ‘n boodskap deur ons hoofspreker, Rosa Malherbe, en ‘n item deur die Graad 12-leerlingraad.

“Rosa is ‘n afgetrede direkteur van onderwys en sy het die boodskap op ‘n treffende en baie praktiese wyse met Bastion-leerlinge gedeel.

“As ‘n skool het ons gevoel dat dit uiters belangrik was dat die mans en seuns ook deel van die program moes wees.”

Related Articles

Back to top button