Local newsNewsUpdate

Watertoring rig groot skade aan huis

Inwoners vermoed dat reservoir lek.

Moontlike lekke in die Ontdekkerspark watertoring is blykbaar besig om allerlei skade aan mense se eiendom te rig.

Een so ‘n inwoner is Louis Britz van Julianastraat wat slegs ‘n katspoegie van die wateropgaringstoring woon. Sedert Februarie muf sy matte in die huis so erg dat hy naderhand ‘n deel daarvan moes verwyder en toe ontdek hy water sowat drie meter diep nadat hy gegrawe het.

Van sy bure het ook gate begin grawe en omtrent dieselfde diepte water ontdek.

Alhoewel Joburg Water traag is om doelgerig op te tree het hulle wel na ‘n inspeksie en toets van die water ontdek dat dit nie reënwater is nie.
Britz se kelder het ook begin opdam van die water wat opsyfer.

Toe die Record gaan kyk het was die water drie bakstene diep. Dit kos Britz elke drie dae om die water, ongeveer 17 000 liter, uit sy kelder te pomp.

Van Britz se gereedskap wat hy daar geberg het is beskadig en verroes.
Britz is bekommerd dat die water sy huis se fondamte gaan beskadig en dat hy dan met êrenstiger probleme gaan sit.

Joburg Water het aangedui dat hulle die saak ondersoek en binne die volgende twee of drie maande die toring gaan leeg tap om hom skoon te maak en dat hulle dan makliker lekke sal kan opspoor.

17 000 liter water elke drie dae gemors — 14 March

Elsa Buys van Ontdekkerspark vertel dat sy en haar bure vermoed dat die reservoir in hulle straat, Julianastraat, lek.

Louise Britz, Buys se buurman, wat ‘n kelder onder sy huis het waarvan die mure 600mm in deursnit is en die vloer 200mm dik is, sê dat hy elke derde dag ongeveer 17 000 liter water uit die kelder moet pomp.

Volgens Buys is dit ‘n bewys dat die water nie deur die baie reën veroorsaak is nie.

Verder het sy en haar bure ook gate in hulle erwe gegrawe as eksperiment en hulle het onderskeidelik op 900mm, 1,5m en 2m op water afgekom. Dit, glo Buys, is ‘n bewys dat dit nie reënwater kan wees nie.

Volgens Rudi van Lingen van Joburg Water skakel hulle nie die moontlikheid van reën uit nie maar sê dat ‘n span reeds besig is om die waterreservoir te toets vir lekke.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button