BlogsEntertainmentLifestyleOpinion

Kritiek Aster — Bisarre mense

Biscuits, biltong en Barnyard se backstage.

Olivetti 45 — Sal jy glo, ek kom nooit in ‘n Barnyard nie … ek doen nie tribute bands nie en die klomp middeljariges hang gewoonlik daar uit asof dit ‘n club is. So toe ‘n liewe vriend out of nowhere ‘n invite pop vir Jack Parow se album launch by die Barnyard in Cresta, kon ek nie refuse nie.

Ek dog ons kom soos gewone mense daar aan – soos ek altyd in Weltevredenpark aangekom het en onder die radar ingesneak het, en vir die eienaar ‘n smile geflash het. Maar Vetseun, ‘n musiekblogger wat begin skryf het voor weblogs slegs as blogs bekend begin raak het, doen dinge ‘n bietjie anders. Actual invites na die show. Naam op ‘n deur, saam met ander kritiekasters van Rapport, Deon Maas en offisiële MTV-ouens. Natuurlik het die belangrike badproppe nie persoonlik opgedaag nie, moontlik al te veel sulke konserte kom witness. ‘n Bekende se plus-een het opgemerk dat die nuwe Afrikaans alternative ‘n jock is … wat was met al die jocks wat rondgehop het!

Parow maak ‘n crack oor die feit dat hy in ‘n mall optree, maar haal terselfdetyd sy iPad uit en sit hom reg. Acoustics van sy nuwe album word gehoor. Hy besluit om Be***, waarvan hy skaars die lirieke ken, aan sy dogter op te dra … en die iPad stand neuk amper om. En weer, en weer, totdat die stand uit die pad is en hy dit wing.

“Dankie dat julle uitgesteek het,” bedank hy die gehoor, wat nie ‘n idee het wat om daarvan te maak nie. Blank gesigte van basaaromies en -tannies staar net terug. Maar die song tref hul soos ‘n koeël ‘n kerk behoort te tref, en eweskielik hou die basaar daarvan.

Ramble ramble, slim kitaarsolo deur die talentvolle Loki Rothman, ramble ramble, en Parow verdaag ons tot die tweede helfte begin.

Hy vertel dat, alhoewel hy omtrent agt interviews ‘n dag doen en konstant beweeg, Wynand Myburgh as bestuurder eintlik tot sy redding gekom het.

“David Kramer is een van die redes hoekom ek musiek begin doen het,” vertel hy, en ek wonder of die volgende biltong-en-biscuits liedjie hom diep binne-in tevrede stel. Laastens haal hy vir Steve uit voor hy wegspring met Bloubek, en die basaar hou daarvan. Ons bedank na die tyd vir Parow backstage.

Nou wonder ek, Vetseun, wanneer maak ons weer so?

(Spesiale dank aan Vetseun, www.vetseun.co.za.)

Related Articles

Back to top button