School sportSport

“Te veel van ons jeug is oorgewig” – sê afrigter

Ontmoet Crossfit se ervare afrigters.

Florida — Met 50 jaar se ervaring tussen hulle, is die eienaars van Crossfit Hua – Florries se gimnasium van inspirasie op die skoolgronde – omtrent doelgerig om die jeug aktief te kry.

Maar wie is hulle?

Jon Wallace (46) en Beulah Strydom (56) is albei persoonlike afrigters vir die bekende handelsmerk Reebok, hulle is Botfit Nutrition-konsultante, Crossfit vlak een-afrigters asook voormalige Springbok-liggaamsbouers.

Hulle verskil net wat ervaring betref aangesien Jon 20 jaar se ervaring agter die blad het teenoor Beulah se indrukwekkende 30 jaar.

Beulah het boonop ook die Mev Heelal Liggaamsbou-kompetisie in 1990 gewen.

Gevra hoekom hulle doen wat hulle doen, sê Jon, “Dit gaan vir ons twee daaroor om terug te gee aan die gemeenskap en die jeug fiks te kry asook om ‘n gesonde lewenstyl te handhaaf.

“Ons het al die pad in die bedryf geloop en wil graag ander, veral die jeug leer om gesond te lewe. Mens hoef nie net in die gimnasium gewigte op te tel om goed te lyk nie. Die huidige generasie is ons land se toekoms.”

Volgens Jon is konsekwentheid die groot geheim om fiks te word en goed te lyk.

“Mens moet konsekwent oefen en die regte dieet volg. Konsekwentheid is die sleutel tot sukses.”

Jon meen ook ‘n groot rede agter sy betrokkenheid by Crossfit is om die jeug te laat besef hoe belangrik ‘n gesonde lewenstyl is.

“Ons jeug is oorgewig en soms te lui. Daar is geen twyfel dat in vandag se samelewing daar te veel jonges is wat glad nie belangstel in sport nie. Al neem hulle nie aan sport deel nie kan hulle beslis hierdie oefeninge kom doen om darem gesond te lewe.

“As jy kom oefen en dink dat jy is nie fiks genoeg nie maak jy ‘n fout want jy doen meer as die ou wat op die bank sit.

Enigiemand kan fiks en sterk word, jy moet net ‘n bietjie moeite insit om resultate te kry.”

Jon Wallace wys almal hoe.
Jon Wallace wys almal hoe.
Beulah in lewende lywe.
Beulah in lewende lywe.

Related Articles

Back to top button