EntertainmentLifestyle

Die onbekende gevoel van veiligheid

Die Record gesels met die Pretoria-groep, Gevoel van Veiligheid, wat onlangs in Roodepoort opgetree het.

Die idee dat Gevoel van Veiligheid onbekend is onder Roodepoorters is verkeerd bewys toe die Record die groep en ‘n klompie van hulle aanhangers onlangs in Weltevreden Park raakgeloop het.

Dit het alles begin met ‘n frase wat vir Deon Roos (24) gefassineer het, naamlik “die onbekende gevoel van veiligheid”. Die frase is later gedeeltelik gebruik vir die naam van ‘n vorige musiekgroep, naamlik Die Onbekende en gedeeltelik vir Gevoel van Veiligheid, die groep wat Deon en Raymond Horn (26) later in Pretoria begin het. Raymond het ‘n liedjie met dieselfde titel geskryf.

Gevoel van Veiligheid het redelike sukses behaal op die MK-musiekkanaal en het reeds by ‘n reeks musiekfeeste opgetree.

Dit was eers net die dinamiese duo wat saam musiek gemaak het maar hulle het later die hulp ingeroep van ander musikante om hul klank aan te vul. ‘n Gereelde bydraer op die klawerbord, Francois Olivier, was ook die aand in Weltevreden Park saam met hulle.

“Die probleem is dat meeste bands nie meer tyd maak vir hul regte aanhangers nie, dat hulle net op die verhoog is om te impress en dan huis toe gaan of word dronk daarna,” het hy vir die Record vertel. Die gesprek het gegaan oor die redes waarom die groep die afgelope jaar of twee byna van die toneel verdwyn het.

“Ons het vanaand kom deelneem om saam tyd te spandeer en onsself te geniet, om weereens ons aanhangers te engage. Dit gaan eintlik glad nie oor die kompetisie nie,” sê Deon oor die feit dat hulle dié aand aan die Black Label Battle of the Bands deelgeneem het.

Raymond het net gelag toe hy opmerk, “Ons is kompeteer met ‘n klomp metal bands, dis nou Roodepoort vir jou, met ons akoestiese set“.

Deon en Raymond neig deesdae meer na die akoestiese, folk-genre (meestal met ‘n humor-inspuiting) maar het voorheen hulself as rock geklassifiseer. Hulle het klem gelê op die belangrikheid van sosiale media vir Suid-Afrikaanse musiek.

“Deesdae is dit vreeslik belangrik om met jou aanhangers aanlyn te kommunikeer.

“Hulle weet dat jy gaan optree omdat hulle dit op jou facebook– of twitter-blad sien.”

Alhoewel die groep al voorheen in Roodepoort gespeel het, vertel hulle dat dit ‘n rare geleentheid is. Raymond het in 2013 getrou en die groep het ‘n ruskans geniet.

“Toe MK wegval, het ons vir ‘n rukkie amper saam weggeval.

“Ons is nou weer besig om regtig op te tel en onsself te bemark.”

Die grappies het tussendeur gevlieg en Raymond het laggend vertel van die merchandise wat hy eendag gemaak het vir die persoon wat die beste geklee by hul volgende optrede sou opdaag.

“Dit was ‘n broodrooster wat nie eintlik gewerk het nie en waarop ek self ons naam gesproei het.

“Ek is seker daardie ou het die ding al weggegooi.

“Ten minste het die mense mal gegaan en die beste uitrustings aangehad.”

Lees oor en luister na Gevoel van Veiligheid aanlyn by www.reverbnation.com/gevoelvanveiligheid of volg hulle op twitter @gvanv.

Related Articles

2 Comments

  1. Good day, you are more than welcome to tweet the link and spread the word. Kind regards, Tihan van der Walt – Editor.

Back to top button