School sportSportUpdate

Florrie-atletiekmasjien lyk goed ge-olie

Meer as 30 eerste plekke behaal teen goeie kompetisie.

Die Florrie-atletiekmasjien is goed geölie ter voorbereiding vir belangrike byeenkomste wat nog voorlê nadat meer as 30 eerste plekke tydens ‘n onlangse byeenkoms op eie bodem behaal is.

Op Vrydag 7 Februarie het vier skole naamlik die gasheer Hoërskool Florida, Transvalia, Linden en Lichtenburg mekaar op die atletiekveld aangevat.

Alhoewel Florries glad nie kon byhou toe dit by hekkies kom nie, het dit verder goed gegaan. Viral in die langafstande. Daar kon die ander skole maar vergeet want atlete soos Ivan Chapman asook Genelle van Vuuren het saam ses eerste plekke behaal. Gereelde presteerders soos die Bhana’s, Van Niekerk’s, Van Vuuren’s, Van Huyssteen’s en Lootse het weereens ook nie teleurgestel nie.

Ivan het in die 800m (2m, 12,20sek), 1 500m (4m, 51,20sek) en 400m (54,70sek) vir seuns o.16 gekook terwyl Genelle dominerend was in die 800m (2m, 32,80s), 1 500m (5m, 28,70sek) en 3 000m (12m, 12.70sek).

Daar was dan drie Florrie-atlete wat met twee eerste plekke gespog het.

Hulle is Davan du Plessis 100m (11,50s) en 200m (24,70s) vir seuns o.14; Abraham Segopatsa 1 500m (4m, 29.60sek) en 3 000m (9m, 55,60s) – ook ‘n nuwe rekord – en Elizabith Loots vir diskus (38,15m) en driesprong (10,13m) vir dogters o.19.

Nog Florries met ‘n eerste plek is:

• Marli van Niekerk in die hoogspring-item vir dogters o.15 (1,45m)

• Donovan Fourie in die diskus-item vir seuns o.15 (45,46m)

• Kurtwill Marks in die 200m vir seuns o.15 (23,30s)

• Quinton van Loggerenberg in die spiesgooi-item vir seuns o.16 (45,98m)

• Franklin Wagner in die 100m vir seuns o.16 (10,80s)

• Werner van Aswegen in die 3 000m vir seuns o.17 (10m,17.40s)

• Justin Bhana in die 100m vir seuns o.19 (10,60s)

• Stefani van Niekerk in die verspring-item vir dogters o.19 (5,01m)

• Ralton October in die verspring-item vir seuns o.19 (6,37m)

• Celeste Nagel in die 3 000m vir dogters o.17 (12m, 31,60s)

• Annick Snyman in die 800m vir dogters o.15 (2m, 35,36s)

• Mikyle Roelfse in die verspring-item vir seuns o.16 (6,05m)

• Tilly Walters in die 1 500m vir dogters o.14 (5m, 54,60s)

• Charne van Rensburg in die 1 500m vir dogters o.16 (6m, 00,50s)

• Kyle van Huysteen in die 200m vir seuns o.17 (22,00s)

• Jarred Keir in die hoogspring vir seuns o.15 (1,70m)

 

Atlete bo 800 punte:

• Jessica Boshoff in die gewigstoot-item vir dogters o.16 (11,46m) met 800 punte

• Terryn Cloete in die 100m vir dogters o.14 (13,20s) met 800 punte

• Kyle van Huysteen in die 100 meter vir seuns o.17 (10,93s) met 864 punte

• Die seuns o.14-, o.15- en o.17-aflosspanne.

 

Die man kan spring: Lichtenburg se Duan du Preez in aksie tydens die hoogspring-item vir seuns o.19. Hy het byna die rekord ge-ewenaar.
Die man kan spring: Lichtenburg se Duan du Preez in aksie tydens die hoogspring-item vir seuns o.19. Hy het byna die rekord ge-ewenaar.
Florries het glad nie te waffer gevaar wanneer dit by hekkies gekom het nie.
Florries het glad nie te waffer gevaar wanneer dit by hekkies gekom het nie.
Nog 'n eerste plek vir Florries wink.
Nog ‘n eerste plek vir Florries wink.
Vir skool en dorp.
Vir skool en dorp.

Related Articles

Back to top button