NewsSchools

Snot en trane op eerste dag van skool

Kruiners verwelkom hul nuwelinge.

Vir party was die eerste dag van skool ‘n nagmerrie, vir ander was dit opwindend.

Dit was die geval op Dinsdag 14 Januarie toe Laerskool Helderkruin hul Graad R-, RR- en nuwe Graad 1’s verwelkom het.

Skole heropen amptelik op Woensdag 15 Januarie, maar Laerskool Helderkruin het hul deure ‘n dag vroeër oopgemaak met die doel om nuwelinge ‘n gevoel te gee van wat môre op hulle wag.

Die skool het bevestig dat hulle hierdie haar met die meeste Graad 1-inskrywings in hulle geskiedenis spog.

“‘n Rekordgetal van 189 Graad 1-leerlinge sowel as 178 Graad R- en RR-leerlinge het by die skool aangesluit,” het die skool se woordvoerder, Isobel Mitchley aan die Record gesê.

“Ter voorbereiding is pragtige nuwe klasse reeds verlede jaar geskep om voorsiening te maak vir die nuwe inname. Ons sien daarna uit om al hierdie leeringe te huisves.”

Die Record sal Woensdag 15 Januarie vanaf 7vm nog oulike gesiggies by verskillende laerskole in Roodepoort afneem.

https://www.citizen.co.za/roodepoort-record/category/galleries/schools-galleries/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button