Editor's choiceMunicipalNews

JRA blykbaar selektief oor hul herstelwerk

Verkeerslig bly stukkend.

Alhoewel die stadsraad deesdae baie ywerig ‘huis skoonmaak’ blyk dit tog dat die ou streke maar bly kop uitsteek.

So is daar die verkeerslig by die kruising van Albertina Sisuluweg en Serfonteinstraat in Roodepoort Sentrale Besigheidsdistrik.

Die verkeerslig is duidelik gedurende ‘n ongeluk beskadig en is so ver geknak dat die boonste deel amper die grond raak. Dit is wel nie so ‘n rare verskynsel nie maar vir twee en ‘n half maande word daar nou al niks omtrent die saak gedoen nie.

Tog het JRA net twee weke gelede by die volgende kruising (waar Nywerheidstraat by Albertina Sisuluweg aansluit) die verkeerslig herstel.

‘n Betroubare bron wat nouliks met beide JMPD en JRA saamwerk het aan die Record vertel dat hy al herhaalde kere die geknakte verkeerslig aangemeld het maar dat sy versoeke op dowe ore val.

“Kon hulle nie maar die dag toe hulle die verkeerslig ‘n 100m verder herstel het sommer diĆ© een ook herstel het nie,” wou die Record se bron weet.

Related Articles

Back to top button