Local newsNews

Polisie gesien by laerskool

"Doodeenvoudig 'n roetine ondersoek," sê skool.

Laerskool Die Ruiter se hoof, Antonie Marais wil ouers gerusstel dat daar geen rede is om te bekommer nadat die polisie op Donderdagoggend 14 November op die skoolterrein gesien is nie.

Antonie vertel, “Die Gautengse K9-honde-eenheid en blitspatrollielede was doodeenvoudig uitgenooi om ‘n roetine ondersoek te doen.

“Mens lees daagliks oor dwelms in skole en leerlinge wat in besit van wapens is. Ons wil met die polisie hande vat en verseker dat leerlinge se veiligheid ‘n top prioriteit is en hulle bewus te maak van wat reg en verkeerd is.

“Ons gesels gedurig oor die gevare van dwelms met die leerlinge gedurende saalopeninge op ‘n Maandag; waarvoor om te kyk as ‘n vreemdeling jou nader en hoe dit hanteer moet word.

“Ek kan ook met trots sê dat daar niks onwettig gevind is tydens die ondersoek nie.”

Alhoewel die ondersoek gedurende skooltyd plaasgevind het, het Marais bygevoeg dat g’n kind tydens hom/ haar se eksamen ontwrig was nie.

Related Articles

Back to top button