School sportSport

Florrie-atlete slaan oor die 50 eerste plekke los

Vier atlete verbeter vyf rekords.

Atlete van Hoërskool Florida het tydens hul eerste tuisbyeenkoms van die nuwe atletiekseisoen teen Linden en Bergsig goed vertoon en altesaam 54 eerste plekke losgeslaan.

Onder die uitblinkers wat twee of meer eerste plekke behaal het, is Genelle van Vuuren, Donovan Fourie, Abraham Segoptsa, Elzabith Loots, Werner van Aswegen, Moses Mthembu, David Cary, Ivan Chapman, Devon Makrige, Kyle van Huysteen, Stefani van Niekerk, Justin Bhana en Lene van Jaarsveld.

Die baanatleet Elzabith Loots het nie net eerste in albei haar items – diskus en gewigstoot vir dogters o.17 – geëindig nie maar ook die rekord in albei verbeter. Die ander drie atlete, David, Ivan en Genelle spog ook met een rekord elk, onderskeidelik in die 300m hekkies vir seuns o.14, 800m vir seuns o.15 en 3 000m vir dogters o.17.

Florries se seuns o.14-; seuns o.15-; seuns o.16-; seuns o.17- en dogters o.17-aflosspanne het ook almal eerste geëindig.

Vier atlete van Florries het vyf rekords verbeter, waarvan een die rekord vir die 300m hekkies vir seuns o.14 is wat deur David Cary geslaan is.
Vier atlete van Florries het vyf rekords verbeter, waarvan een die rekord vir die 300m hekkies vir seuns o.14 is wat deur David Cary geslaan is.
Florries was baas wat die middelafstande betref.
Florries was baas wat die middelafstande betref.

Volledige uitslae (eerste plekke vir Florries):

• Dillon van Heerden: Verspring vir seuns o.14 5,20m

• Genelle van Vuuren: 3 000m vir dogters o.17 – 12m 21,60s (verbeter rekord)

1 500m vir dogters o.17 – 5m 58,70s

800m vir dogters o.17 – 2m 37,90s

• Donovan Fourie: Diskus vir seuns o.14 – 40,96m

Spiesgooi vir seuns o.14 – 40,76m

Gewigstoot vir seuns o.14 – 13,03m

• Melissa Lombard: Spiesgooi vir dogters o.16 – 31,93m

• Elizabith Loots: Gewigstoot vir dogters o.17 – 13,06m (verbeter rekord)

Diskus vir dogters o.17 – 38,72m (verbeter rekord)

• Abraham Segoptsa: 3 000m vir seuns o.19 – 10m 01,70s

1 500m vir seuns o.19 4m 45,00s

• Werner van Aswegen: 3 000m vir seuns o.17 – 10m41,70s

1 500m vir seuns o.17 5m – 02,90s

800m vir seuns o.17 – 2m 23,70s

• Ashley Lindewal: 400m hekkies vir seuns o.17 – 61,70s

• Moses Mthembu: 400m hekkies vir seuns o.16 – 69,20s

Hoogspring vir seuns o.16 – 1,65m

• Kaycee-Mae Dawes: 400m hekkies vir dogters o.16 – 82,00s

• Marlie van Niekerk: Hoogspring vir dogters o.14 – 1,40m

• Jarred Keir: Hoogspring vir seuns o.14 – 1,60m

• Mikyle Roelfse: Verspring vir seuns o.15 – 5,75m

• Stefan Roets: 300m hekkies vir seuns o.15 – 45,40s

• David Cary: 300m hekkies vir seuns o.14 – 42,40s (verbeter rekord)

100m vir seuns o.14 – 11,60s

• Dewald van Niekerk: 800m vir seuns o.14 – 2m 27,90s

• Nicola Axsel: 800m vir dogters o.14 – 2m 48,80s

• Ivan Chapman: 800m vir seuns o.15 – 2m 07,20s (verbeter rekord)

1 500m vir seuns o.15 – 4m 38,70s

400m vir seuns o.15 – 56,30s

• Chane van Rensburg: 800m vir dogters o.16 – 2m 59,80s

• Jana Nel: Hoogspring vir dogters o.16 – 1,25m

• DP van der Berg: Hoogspring vir seuns o.15 – 1,55m

• Jonty Fouche: Verspring vir seuns o.17 – 5,97m

• Jessica Boshoff: Gewigstoot vir dogters o.15 – 11,33m

• Kingsley Lehihi: 800m vir seuns o.19 – 2m 20,00s

• Wiehan Mohlen: 800m vir seuns o.17 – 2m 25,80s

• Devon Makrige: 100m vir seuns o.15 – 11,70s

200m vir seuns o.15 – 25,30s

• Kyle van Huysteen: 100m vir seuns o.16 – 11,01s

200m vir seuns o.16 – 23,20s

• Stefani van Niekerk: 100m vir dogters o.17 – 13,20s

Verspring vir dogters o.17 – 5,07m

• Justin Bhana: 100m vir seuns o.17 – 11,30s

200m vir seuns o.17 – 22,60s

• Megan la Manna: 100m hekkies vir dogters o.17 – 21,10s

• Quinton van Loggerenberg: Spiesgooi vir seuns o.15 – 51,52m

• Calista Joubert: Gewigstoot vir dogters o.14 – 8,29m

• Lene van Jaarsveld: 200m vir dogters o.15 – 27,90s

400m vir dogters o.15 – 66,80s

• Jessica Powell: Spiesgooi vir dogters o.15 – 27,30m

• Paul Swart: 1 500m vir seuns o.15 – 5m 48,50s

• Celeste Nagel: 1 500m vir dogters o.16 – 5m 47,50s

• Annick Snyman: 400m vir dogters o.14 – 70,70s

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button