School sportSport

Vernedering vir Florida en Constantia op krieketveld

Roodies, Unika baas oor opponente op dag vier van krieketaandreeks.

Laerskool Roodekrans het hul stem dik gemaak op dag vyf van die Sentraal-Wes Laerskole Krieketunie se 15/15 Aandreeks na ‘n spoggerige oorwinning van 10 paaltjies oor Laerskool Florida.

Florida wat op dag een hul veldtog met ‘n oorwinning oor Maragon afgeskop het, het op dag vyf teen ‘n meneer van ‘n boulaanval te staan gekom.

Florida het eerste gaan kolf en is tot ‘n telling van 45 in hul 15 beurte beperk. Roodekrans het die telling gehaal sonder om ‘n paaltjie te verloor, met Frans Weideman 23 nie uit nie (drie viere) en Taylor Barnard 23 nie uit nie (drie viere) as hul top kolwers. Maar dit was die boulers wat die harde werk gedoen het. Taylor Barnard se drie paaltjies vir slegs 12 lopies en Kelvin Johnson twee paaltjies vir vyf lopies het Florida se kolforde behoorlik verrinneweer.

In ‘n ander kragmeting op die dag het Laerskool Unika van Randburg vir Constantia Kloof met 75 lopies geklop.

Unika se kolwer, Dominique Kaasjager se 80 nie uit nie (10 viere en drie sesse) asook Albert Potgieter se 57 lopies nie uit nie (10 viere en een ses) het die grondslag gelê vir ‘n reuse totaal van 164/3 in hul 15 boulbeurte.

Constantia Kloof het slegs 89 vir die verlies van vier paaltjies in hul 15 boulbeurte gehaal. Uitstaande boulers vir Unika was Reeder Vermaak (twee paaltjies vir 16 lopies) en Karl Roos (een paaltjie vir 15 lopies).

Maragon wat op dag een teen Florida vasgeval het, was terug op die wenpad en het hul eerste oorwinning van die reeks behaal nadat hulle op Maandag 2 September met 20 lopies met Roodekrans afgereken het. Maragon kon in hul 15 boulbeurte 93 vir sewe aanteken waarop Roodekrans met slegs 73 vir agt kon antwoord.

Uitslae:

Maandag 2 September

• Maragon top kolwers: Josh Hoffman 25 (drie viere), en Kyle 21 nie uit nie en Marc (19) albei met drie viere

• Maragon top boulers: Marc (drie paaltjies vir nege lopies) en Jarryd (twee paaltjies vir 11 lopies)

• Roodekrans top kolwers: Frans Weideman 14 (een vier), Marco Claasen nege nie uit nie en Kelvin Johnson agt, met een vier elk

• Roodekrans top boulers: Taylor Barnard (twee paaltjies vir 21 lopies) en Marco van Staden (een paaltjie vir 13 lopies)

L/s Kenmare tn L/s Dr Havinga. Dr Havinga wen met 15 lopies. Dr Havinga 89/3 en Kenmare 75/10

• Dr Havinga top kolwers: Ricardo Duxbury 20 met een vier, Jaco Ferreira 19 met vier viere en George de Fouw 17 nie uit nie met twee viere

• Dr Havinga top boulers: Tian Botha drie paaltjies vir 15 lopies, Luan Gordon twee paaltjies vir drie lopies en Zander Coetzer twee paaltjies vir drie lopies

• Kenmare top kolwer: Diaan 11

• Kenmare top boulers: Sarel en Armandt elk een paaltjie vir 10 lopies

Dinsdag 3 September:

L/s Dr Havinga tn L/s Horison. Dr Havinga wen met agt paaltjies. Dr H 65/2 en Horison 64/10

• Dr Havinga top kolwers: Jaco Ferreira 21 (drie viere), Zander Coetzer 18 nie uit nie (vier viere) en George de Fouw 10 nie uit nie (twee viere)

• Dr Havinga top boulers: George de Fouw (vier paaltjies vir 14 lopies), Morne Swanepoel twee paaltjies vir vier lopies) en Jaco Fereeira (twee paaltjies vir sewe lopies)

• Horison top kolwer: Wayne vd Berg 16

• Horison top bouler: Stephan le Roux (een paaltjie vir 18 lopies)

Panorama P/S tn Weltevreden Park P/S. Welties wen met 65 lopies. Welties 122/3 en Panorama 57/5

• Welties top kolwers: Callum Broodryk 51 nie uit nie (vyf viere en twee sesse), Travis Ladner 32 (ses viere) en Byron Gieska 17 lopies (drie viere)

• Welties top boulers: Tristan Brooks (drie paaltjies vir vyf lopies), Nick Kankowski (een paaltjie vir sewe lopies) en Steven Newland-Nel (een paaltjie vir agt lopies)

• Panorama top kolwer: Dylan Joannou 12 nie uit nie (twee viere)

• Panorama top bouler: Keegan Jordaan (twee paaltjies vir 12 lopies)

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button