School sportSport

Florries klop Marais Viljoen ‘n vierde keer

Hoërskool Florida se eersterugbyspan – wat tot dusver vanjaar nogal ‘n teleurstellende seisoen beleef het – kan beslis hul koppe hoog hou nadat hulle vir Marais Viljoen die afgelope naweek in ‘n FNB Classic Clash met 19 punte geklop het. Florries het die kragmeting gemaklik met 34-15 gewen. Dit is een van sy grootste oorwinnings …

Hoërskool Florida se eersterugbyspan – wat tot dusver vanjaar nogal ‘n teleurstellende seisoen beleef het – kan beslis hul koppe hoog hou nadat hulle vir Marais Viljoen die afgelope naweek in ‘n FNB Classic Clash met 19 punte geklop het.

Florries het die kragmeting gemaklik met 34-15 gewen. Dit is een van sy grootste oorwinnings nog vanjaar asook die span se vierde agtereenvolgende oorwinning oor die Alberton-span.

Florries het teen halftyd met 17-10 voorgeloop en het vier drieë teenoor Marais Viljoen se twee gedruk. Florries se heelagter, Erwin Harris het veral uitgeblink deur 14 punte met die skopskoen aan te teken (vier doelskoppe en twee strafskoppe). Hy is ook as die speler van die wedstryd aangewys.

Florries se afrigter, Koos van Vuuren het Maandag aan die Record gesê, “Dit was ‘n goeie oorwinning vir ons, maar die telbord kon nog beter gelyk het. Ons was rêrig net beter op die dag.”

Alhoewel Koos, ander afrigters en die skool tevrede is met die sege is daar nog ‘n groter taak wat voorlê – ja, die Beeldtrofee.

Florries sal juis op Saterdag 20 Julie Krugersdorp toe moet gaan waar die Wit Bulle (Monnas) vir hulle sal wag. As voorbereiding sal Florries en Hoërskool Noordheuwel op Vrydag 31 Mei vir die eerste keer vanjaar swaarde kruis. Dit is slegs ‘n vriendskaplike wedstryd maar almal weet daar sal beslis meer op die spel wees aangesien hulle twee top skole aan die Wes-Rand is.

Die wedstryd skop om 4nm af.

Puntemakers vir Florries teen Marais Viljoen:

• Drieë: Morné Strydom, Jaco Barnard (2) en Arné Bognigh
• Doelskoppe: Erwin Harris (4)
• Strafskoppe: Erin Harris (2)

Related Articles

Back to top button