Sport

Atlete hou naam hoog by SA kampioenskappe

Die gemeenskap van Roodepoort en Krugersdorp kan trots wees op vyf Upcoming Track Stars-lede (UTS) wat die medaljes ingeryg het tydens SA's.

Vyf atlete wat deel is van die Upcoming Track Stars (UTS) het onlangs aan die Suid-Afrikaanse Atletiek Kampioenskappe in Pietermaritzburg geelgeneem en uitgeblink.

Pieter Fourie, die atlete se afrigter het vertel dat die atlete se harde werk, ure se oefeninge en al hul opofferings op dié dag beloon is.

Armand Botha.
Ruben Kleinsmith en Amerize Kleinsmith.

Lees ook: Horison-atlete wen twee goue medaljes by SA’s

Tydens die kampieonskappe het Jaydon Fairlie van Laerskool Kenmare drie medaljes verower in die o13-afdeling – twee silwermedaljes vir die 100m en 200m en een goue medalje vir die aflos.

Chanè Fourie van Laerskool Horison het in die o13-afdeling vir dogters twee medaljes huistoe gebring – een goud in die 200m en ‘n bronsmedalje in die 100m. Ruben Kleinsmith van Laerskool Roodekrans het ‘n silwermedalje in die 1200m vir seuns o12 behaal.

Jaydon Fairlie.
Chanè Fourie.

Lees ook: Laerskool Horison atlete presteer by Gauteng atletiek

Nog ‘n Laerskool Roodekrans-leerder, Amerize Kleinsmith, het gespog met ‘n negende plek in die 200m wedloop vir dogters o13 terwyl Armand Botha, ook van Laerskool Roodekrans, met ‘n vierde plek in die 1 200m vir seuns o11 gespog het.

Die vyf atlete se prestasies het beteken dat hulle almal in die ‘n top tien vir hule onderskeie items geëindig het.

Pieter het gesê hy is onbeskryflik trots op elke liewe atleet.

“Mense besef nie altyd die ‘agter die skerms’ van ‘n atleet se oefenprogram nie.”

Related Articles

Back to top button